Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Elardus Park website.

Spes Ed Naskool

Spes Ed Naskool Elarduspark

Spes Ed Naskool sentrum is reg langs Laerskool Elarduspark en bied veilige en vriendelike versorging van ons leerders. Ons spog met ervare, opgeleide personeel wat help met huiswerk en studiegeleenthede vir alle leerders in ‘n huislike omgewing. Die naskool sentrum word bestuur deur Santie van der Nest. Direk na skool ontvang die leerlinge ‘n ligte middagete. Hulle kry dan ‘n geleentheid om hulle skoolklere uit te trek en gewone klere aan te trek voordat daar met die huiswerk begin word.

  1. Veilige speelterrein. 
  2. Maaltye wat in kinders se smaak val. 
  3. Verversings en snoepwinkel elke middag.

Tuisskool
Spes Ed bied ook ‘n klein Impaq tutorsentrum in Elarduspark vir leerders van Gr. R tot 3. Ons fokus is op individuele aandag en vordering volgens elke leerder se eie pas. Ons sukses word gemeet deur elkeen se persoonlike groei. By SpesEd tuisonderrig bied ons elke leerder die geleentheid om sy/haar volle potensiaal te bereik!

Huiswerksentrum
(oorkant Hoƫrskool Waterkloof)
Huiswerksentrum vir Hoƫrskool leerlinge. Leerders ontvang individuele hulp met huiswerk en take. Middagete word voorsien. Weeklikse Wiskunde en Wetenskap klasse is ingesluit. Daar word vir 12 leerders voorsiening gemaak.

Kontak Spes Ed Naskool

Webwerf: www.SpesEd.co.za

Naskool en Tuisskool:  598 Aberdeenstraat, Elarduspark
Huiswerksentrum: 392 A Umgenistraat Erasmuskloof

Tel: 083 776 6916

Email: admin@spesed.co.za

Facebook:  www.facebook.com/SpesEd

Ouers is meer as welkom om vir Santie te kontak gedurende die week, Maandae tot Vrydae by die volgende nommer: 083 776 6916. (Laat asseblief ‘n boodskap sodat u teruggeskakel kan word indien nodig.)