Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Elardus Park website.

SARIE Fees

Van 16 tot 18 Maart 2017 vertoon die heel eerste SARIE Fees by die Atterbury-teater in die Lynnwood Bridge winkelsentrum in Pretoria Oos. Kom kuier, luister, sing en lag saam met ons en talle bekendes by die eerste SARIE Fees! Ons skop Donderdagoggend af met ons feesdae, so maak seker jou naweek is oop, want hier is jou planne!

Kaartjies beskikbaar by: 
http://computicket.co.za

Meer inligting by:
http://www.sarie.com/lewe-liefdes/hieroor-praat-mense/sarie-fees-hier/

Donderdag, 16 Maart 2017

Zelda le Grange: ‘Verandering begin by jouself’
Johrné van Huyssteen:
Om die rok in die huis te dra 
Negentien jaar lank was sy oudpres. Nelson Mandela se regterhand. Sy het hom op reise vergesel, was sy woordvoerder en vertroueling. Haar titel was eenvoudig: persoonlike assistent. Hy was een van die grootste politieke figure in die nuwe millennium. Maar vir haar net Khulu (oupa). Vir hom was sy Zeldina. Met haar boek, Goeiemôre, Mnr. Mandela, het sy afskeid geneem.

Vrydag, 17 Maart 2017

Michelle & SARIE-span
Schalk Bezuidenhout – Die Snorseun
`n Spesiale SARIE-oggend vol inspirasie met redakteur Michelle van Breda, kosredakteur Herman Lensing, bekende stylredakteur Fanie Cronje & skoonheidsredakteur Charis van den Heever.

Saterdag, 18 Maart 2017

Theuns Jordaan
Theuns Jordaan vir die eerste keer by Atterbury Teater! Die rustigheid van die Karoo sit diep in sy stem. Theuns Jordaan sing al lank die land aan die brand.

Saterdag 18 Maart 2017

Etiket met Nataniël 
Vermaaklik, kaalkop, insiggewend, inspirerend en sonder skroom! Nataniël gesels oor die ontstaan en geskiedenis van etiket. Vertel van die ontwikkeling, gebruike, verval en uiteindelike terugkeer van sosiale riglyne. Verduidelik hoe standaarde en doel verander het. Wys die belaglikheid van verkeerde of oordrewe toepassing uit, die gevaar van té min inligting, asook die noodsaaklikheid van hedendaagse beskaafdheid en orde. Van tafeldek tot trou, van familiedrama tot moeilike gaste, daar wag ’n skatkis van krisisse!

SARIE Fees