Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Elardus Park website.

Mykem Leersentrum

Mykem Leersentrum bied Naskool en Vakansie-skool versorging vir leerders van Laerskool Elarduspark.

Die sentrum word bestuur deur ervare en opgeleide personeel. Daar word gehelp met huiswerk en studiegeleenthede vir Gr 1 – 7. Leerders het toegang tot rekenaar en internet geriewe. Ons bied vervoer van en na buitemuurse aktiwiteite in die Elarduspark omgewing.

Gr 1 tot 3 leerders ontvang ekstra hulp met lees en Wiskunde begrippe. Gr 4 tot 7 leerders ontvang ekstra hulp met Wiskunde.

Mykem Leersentrum het ‘n veilige speelterrein en swem geriewe. Leerders kry geleentheid om te sosialiseer met maats en verskillende persoonlikhede te leer ken.

Maaltye word voorsien. Verversings en snoepwinkel is ook beskikbaar.

Mykem Leersentrum is oop tydens vakansies.

Kontak besonderhede vir Mykem Leersentrum:

Tel:
Ko-Mare – 081 486 4644

Webwerf:
http://www.mykem.co.za

Epos:
info@mykem.co.za

Mykem Leersentrum