Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Elardus Park website.

Blou Hond Sondag Mark – 26 Julie 2015

Sondag Mark met Baba Blou Hond “FLIPPIE” Kinder teater met Lollos. Kom laat jou bene bewe saam met Lollos!

Datum:
26 Julie 2015

Tyd:
Hekke maak 09:30 oop

Lollos, Lettie, Minki & Disco gaan op `n avontuur opsoek na `n spesiale geskenk en dit neem hulle na die uithoeke van die wereld. Op die reis ontdek hulle verskillende kulture en dansies. Splinternuwe liedjies waarna uitgesien kan word is Laat jou bene bewe, Sy wil net dans en Die Paddakonsert”

  • Verskeidenheid Wyn en “craft” Bier tente
  • Buitelug Lewendige musiek
  • Kinder Teater met Lollos en “kie”
  • Verskeindenheid markies met kunste, klere, Juwele ens.
  • Spring kasteel en lekkernye vir kinders

Moet dit nie mis nie….. Heeldag se vermaak!

Kaartjies vir Lollos is vir kinders 1 – 10, maar indien ‘n ouer kind ook die vertoning wil bywoon sal dit als in orde wees – Koste is R150 (sluit die kaartjie en lekkernye in) (kostes is vir al die aktiwiteite en ook vir Lollos kunstenaars)

Volwassenes se kaartjies is ook R150 vir die dag – mammas is welkom om in die saal te wees tydens die vertoning – dui asb so aan op die besprekings vorm.

Kaartjies sluit ook ‘n wynglas in om by die stalletjies wyne te proe. Daar sal ‘n kos stalletjie wees met etes te koop. Die dag sluit ook ‘n mark en buitelug musiek in. Tafeltjies en stoele en ook plek om piekniek te hou sal beskikbaar wees.

Voorprogram sal teen ± 10:30 begin en Lollos vertoning net daarna
Stalletjies en buitelug vertonings beskikbaar tot 15:00

Neem asseblief kennis dat ons die venue oop sal wees vir die kinders, met stoele agter om vir mammas. Bespreek hier vir die volwassenes & kinders se kaartjies!

Ons verkies vooraf besprekings om getalle te finaliseer voor die dag! Betalings moet verkieslik teen Vrydag ons bereik of dan ‘n epos om te sê julle gaan Saterdag betaal.

Kontak Besonderhede vir Blou Hond:

Webwerf:
www.casatoscana.co.za

Navrae kan gerig word aan Elizma by
bookings@casatoscana.co.za
082 926 0293

Adres:
5 Darlington Straat
Lynnwood Manor
Pretoria

Blou Hond Sondag Mark



Add a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *